Your Number 1 Portal for Bloemhof Today's Date: Sunday, September 05, 2010 3:24 PM
Skip Navigation Links
Home
About Us
Contact Us
Accommodation
Banking
Businesses
Medical & Emergency
Restaurants
Vehicle & Roadside Assistance
 
 

News


Gesteelde Skape Terug

 Gesteelde skape terug

 
Vryburg - Twee verdagtes is verlede week hier in hegtenis geneem op 'n klag van veediefstal nadat 'n aantal gesteelde skape in hul besit gevind is.
 
Volgens kapt Adele Myburgh, Noordwes polisiewoordvoerder, is die skape, een ram en ses ooie met hul lammers, op Donderdag (15 April) by een van die plase in die omgewing gesteel. Myburgh vertel dat die eienaar van die skape op daardie stadium in die Kaap was toe sy buurman hom gebel en in kennis gestel het van die diefstal. 

Op Maandag (3 Mei) het die Veediefstal Eenheid inligting ontvang rakende dié gesteelde skape. Nadat die inligting opgevolg is, is van die skape in die Bothitong nedersetting naby Kuruman gevind. Volgens Myburgh is slegs die ram, drie ooie en vyf lammers teruggevind. Die verdagtes, onderskeidelik 44 en 45 jaar oud, word volgens Myburgh ook verbind met ander veediefstal sake wat tans verhoorafwagtend is. 
 

Quick Contact

Need someone to contact you? Just fill out this form and we will contact you.
Name and Surname:
Contact Number:
Email Address:
Verify: Verification Image
Copyright © 2009 Bloemhof Online| By Creative Designs  |  Admin