Your Number 1 Portal for Bloemhof Today's Date: Sunday, September 05, 2010 3:14 PM
Skip Navigation Links
Home
About Us
Contact Us
Accommodation
Banking
Businesses
Medical & Emergency
Restaurants
Vehicle & Roadside Assistance
 
 

News


Rugbyklub bly in A liga

 Rugbyklub bly in Neser A liga

 
Vryburg - Die rugbyklub hier het die afgelope naweek behoorlik bloedgesweet toe hulle teen die Bushwillows van Hartbeesfontein in die Neser A liga te staan gekom het. 
Maar met die vyf drieë wat aangeteken is, het dié span hul egter goed van hul taak gekwyt om deur te gaan na die volgende rondte. Jannes Brits kon daarin slaag om vir sy span drie drieë aan te teken. Leo Roets en Michiel Bredenkamp het ook elkeen 'n kans gekry om die opponent se doelgebied te besoek. Met sy goeie skopvermoë het Bredenkamp ook daarin geslaag om sy span se punte nóg verder te rek met vier suksesvolle doelskoppe en een strafskop. Die eindtelling was 36-29 in die guns van die tuisspan. 
Vryburg Rugbyklub se Tweedes het egter 'n baie taaier wedstryd teen die span van Lichtenburg gehad, maar hul steeds goed van hul taak gekwyt. Werner van Geer, Nico Ranft en Jan Cronje het elkeen geleenthede aangegryp wat na hulle kant toe gegooi is en die opponente se doellyn gaan besoek. Met 'n strafskop van Frikkie Strydom en twee doelskoppe deur PM de Villiers kon Vryburg daarin slaag om 22 punte op die telbord te plaas. Dit was egter nie genoeg om Lichtenburg se 24 punte te klop nie. 
Dié Saterdag (17 Julie) sal die Tweedes teen die span van Stilfontein in 'n wegwedstryd te staan kom, terwyl die Eerstes 'n breek vat voordat hulle weer Saterdag (24 Julie) die span van Leeudoringstad op die Gert Lubbe Stadion gaan aanvat.  
 

Quick Contact

Need someone to contact you? Just fill out this form and we will contact you.
Name and Surname:
Contact Number:
Email Address:
Verify: Verification Image
Copyright © 2009 Bloemhof Online| By Creative Designs  |  Admin